avatar
Today is Tuesday
September 7, 2010

Search Results Archives: June 2009

June 29, 2009

1943

by Chopper — Categories: KroegtoonbankNo Comments

Nie ‘n jaar in daardie taai tye van Die Tweede Wêreldoorlog nie; “spam” kommentare. Alles te doen met goeters om blykbaar my piel groter te kry.

Vrou sê ek is reg. Kort niks kruie en speserye en towerwoorde nie.

Ek wens die spammers kan in die stinkende Hartebeespoortdam gaan versuip.

June 25, 2009

About

by Chopper — Categories: KroegtoonbankNo Comments

Ek het my “About” bladsy verander, met ‘n klomp vrae en antwoorde. As jy na dese nogsteeds wonder wie en wat Chopper is, dan drink jy hopeloos te min bier. Kliek sommer hier of hier of hier of hier en leer Chopper ken.

June 24, 2009

Ek dink dis hoekom mens nie besigheid in 'n kroeg doen nie.

by Chopper — Categories: KroegtoonbankNo Comments

Ek en Vrou vang mos vanaand toe so kuiertjie in die kroeg hier naby. Mens kan mos nie net die hele tyd werk nie? Ek ontmoet toe ook iemand wat ‘n studio het waar hy tattoos doen. Ek beskou my vel as ‘n skilderdoek en praat toe bietjie met hom so tussen die drank deur. Maar toe ek hom vra vir voorbeelde van tattoos wat hy al gedoen het, wys hy vir my sy rug. WDF?

Vir die tattoos op sy rug sal ek 99/100 gee. Uitstekend!!  Maar, hoe de fok kan iemand sy eie rug tattoeer? Ek kan dan nie eers my hele rug self krap nie. Of was nie.

Skraap hy toe mense twee mense in die kroeg bymekaar en wys vir my hulle arms en skouers waar hy getattoeer het. Eish. 9/100.

Nee wat, hy tattoo soos sy gat. Laat maar verbygaan. Bestel toe nog ‘n bier en ontspan heel rustig.

June 23, 2009

Sokkies

by Chopper — Categories: Gielie3 Comments

Nee, nie daardie wollerige goed wat jou ouma vir jou gebrei het of daardie goed wat party mense deesdae vergeet om uit te trek voordat hulle seks het nie. ‘n Properste sokkie-jol in die skoolsaal of iewers. Musiek, dans, sigarette eenkant in die donker rook, dalk selfs ‘n warm bier of twee en as jy gelukkig was, ‘n hand wat oor ‘n meisie se boud kon gly in die donker agter die pawiljoen terwyl jy julle mekaar se mangels lek.

In Standerd 6 het die matrieks mens sommer gou vertel wat gaan vir wat. “Julle is nou ons slawe en oor ‘n maand vergat julle almal julle name tydens die Standerd 6 konsert en direk daarna hou ons ‘n lekker sokkie in die skoolsaal. Dra my tas jou fokken Wurm!”

Sokkies was sinoniem met ABBA, ‘n oormaat naskeermiddel, parfuum, puisies en tiener liefdes-intriges en lastige hormone.

Die hoof het ook elke liewe Maandag na die skoolsokkie met sy bulderende stem en gebalde vuis almal goed laat verstaan dat daar nooit, maar nooit ooit weer ‘n sokkie gehou sal word nie. Iemand het mos weer handuit geruk en op die krieketveld met ‘n kar of motorfiets gaan staan en spin, of dagga gerook of vloekwoorde op die mure geverf of die interkomstelsel se drade geknip ensovoorts. Oor twee weke was daar weer ‘n sokkie gewees.

Sokkies het natuurlik ook van die ouers grys hare gegee. Stories het mos maar ‘n manier om te loop en tienerswangerskappe kom nog altyd voor. Voeg daarby gerugte van vandalisme, dwelms en drankmisbruik en dinge kon baie slapelose nagte veroorsaak het. Dit was darem nie die norm nie. Soos die hoof gebulder het: “… enkele elemente en insidente…”

En dan die gedansery by die sokkies. Ek kan vandag nog nie sakkie-sakkie nie. Ook nie losdans nie. Ek kan net na musiek luister.

Ons skool se luidsprekers en klankversterker was ook meer gemaak vir afkondigings as om musiek in stereo te speel. Maar wie kon en kan nou nie hou van die naald wat oor die groefies van ‘n viniel-plaat gly nie? (As jy wonder waarvan ek nou hier praat, druk die oorfoontjies van jou Ipod in jou ore en aanvaar jy verloor heavy uit.)

Word daar vandag nog ooit sokkies in die skoolsale gehou?

© 2010 Die Kroeg All rights reserved - Wallow theme by TwoBeers Crew - Powered by WordPress - Have fun!