avatar
Today is Friday
September 3, 2010

Search Results Archives: July 2009

July 26, 2009

Plumbing

by Chopper — Categories: Kroegtoonbank4 Comments

Pype en elbow-joints en skroefdrade en thread en krane en ….

Dit kan mos nie so moeilik wees nie!? Ek bedoel, ek het micrometers wat die dikte van ‘n mens se haar in 1/100 kan meet. Pubiese hare miskein 1/80. en daai dun grys hare van oumense seker so 1/200.

Die water wat uit die kraan tap ruik nie altyd baie lekker nie en ander tye ruik dit na ‘n oormaat chloor. Ek gaan ‘belê’ toe mos vandag in ‘n hele moerse filter sisteem. En bogger die arbeid om die hele stel te installeer. Volgende week is te laat. Ek’t die sisteem vandag aangeskaf en wil vandag skoon water drink.

Natuurlik kort ek ‘n paar ‘fittings’ en goed, en kry dit sommer by die naaste hardewarewinkel. Die doos daar verstaan net mooi fokkol van my micrometer afmetings nie, en ek beduie maar woordeliks so goed as wat ek kan en stap nog ‘n honderd of wat rand armer daar uit.

By die huis aangekom, kan ek sommer sien my pype en hulle ‘fittings’ is nie maatjies nie. Haal toe sommer 6 biere uit die yskas. Die moet hier pas en die daar en oor die en in daai een in skroef. Maar dit wil nie. Selfs nie met geweld en brute krag nie. Drink bier en dink. Bekyk al die onderdele en dink en drink nog bier. Eet Simba chips vir midagete en drink nog bier. Niks wil pas nie.

Val dit my toe mos skielik by, as dit nie pas nie, dan pas dit nie. Punt. En party metale is sagter as ander. ‘n Mengsel van chemie en fisika en net twee fittings en 20 minute later, en ek tap die eerste glas silwerskoon water. Njammies. Alles werk perfek.

July 17, 2009

Wonder

by Chopper — Categories: Kroegtoonbank2 Comments

Partykere wonder ek oor goed.

- Ek kan seker lag-lag meer as ‘n honderd mense bymekaarskraap wat ook wonder waar is die 10ml bier heen? Die blikkies was mos voorheen 340ml en toe word dit 330ml.

- Het Kain en Abel hulle eie ma gespyker?

- Wie het besluit poes is ‘n vloekwoord?

- Is beet nie dalk giftig nie?

- Moet mens met aartappels boer om ‘n volslae doos te wees?

- Hoekom is daar aan die einde van die maand, net na payday, by die winkel 50 betaalpunte, waarvan net 10 beman (seker eintlik bevrou) word, en uit daai 10 werk 7 stadig en die ander 3 is permanent op tea-break?

- Is Telkom en Vodacom en MTN en Cell-C en Virgin Mobile se customer care lines ‘n April fool’s joke wat die hele jaar aanhou?

- Is Eskom deur die kak of wat?

- As die tydskrifte so oorlaai word met advertensies vir gewig verloor en plooie wegvat, hoekom is daar dan so baie vet geplooide mense?

- Is daai elektroniese sigaret maar net ‘n nuwe manier om die nikotienverslawing vol te hou?

- Hoekom steek die Paashaas hoendereiers weg? Is hy ‘n sadistiese psigopaat?

- Verloor mens jou hele woordeskat, behalwe vloekwoorde, as mens in die Weermag ‘n RSM word of wat?

- Is ‘n RSM nie dalk ook ‘n fokken dom Paashaas nie?

- Wie regeer Suid-Afrika?

- Is daar ooit nog iemand wat ou plastieksakkies winkel toe vat?

- Daar kan tog nie iemand wees wat van Chuck Norris flieks hou nie, of hoe?

July 16, 2009

Seks

by Chopper — Categories: KroegtoonbankNo Comments

Kliek prentjie vir ‘n groter een.
seks

Shame!

by Chopper — Categories: Kroegtoonbank4 Comments

Hey jong, moenie daar agter jou ma loop nie!

shame

© 2010 Die Kroeg All rights reserved - Wallow theme by TwoBeers Crew - Powered by WordPress - Have fun!