Partykere wonder ek oor goed.
- Ek kan seker lag-lag meer as ‘n honderd mense bymekaarskraap wat ook wonder waar is die 10ml bier heen? Die blikkies was mos voorheen 340ml en toe word dit 330ml.
- Het Kain en Abel hulle eie ma gespyker?
- Wie het besluit poes is ‘n vloekwoord?
- Is beet nie dalk giftig nie?
- Moet mens met aartappels boer om ‘n volslae doos te wees?
- Hoekom is daar aan die einde van die maand, net na payday, by die winkel 50 betaalpunte, waarvan net 10 beman (seker eintlik bevrou) word, en uit daai 10 werk 7 stadig en die ander 3 is permanent op tea-break?
- Is Telkom en Vodacom en MTN en Cell-C en Virgin Mobile se customer care lines ‘n April fool’s joke wat die hele jaar aanhou?
- Is Eskom deur die kak of wat?
- As die tydskrifte so oorlaai word met advertensies vir gewig verloor en plooie wegvat, hoekom is daar dan so baie vet geplooide mense?
- Is daai elektroniese sigaret maar net ‘n nuwe manier om die nikotienverslawing vol te hou?
- Hoekom steek die Paashaas hoendereiers weg? Is hy ‘n sadistiese psigopaat?
- Verloor mens jou hele woordeskat, behalwe vloekwoorde, as mens in die Weermag ‘n RSM word of wat?
- Is ‘n RSM nie dalk ook ‘n fokken dom Paashaas nie?
- Wie regeer Suid-Afrika?
- Is daar ooit nog iemand wat ou plastieksakkies winkel toe vat?
- Daar kan tog nie iemand wees wat van Chuck Norris flieks hou nie, of hoe?
