avatar
Today is Tuesday
September 7, 2010

Search Results Archives: 2010

September 3, 2010

Kroegmusiek – Goeie musiek vir die naweek

by Gielie Geelmielie — Categories: Kroegtoonbank — Tags: , , , , , No Comments

Brand bietjie bandwidth en luister lekker tradisionele/klassieke heavy metal/rock, NWOBHM, ensovoorts. Die songs is in geen spesifieke volgorde nie.

Uriah HeepLady in black

GirlschoolDemolition Boys

Black MajestyGuardian

Angel WitchWhite Witch

Persian RiskJane

DokkenInto the Fire

Quiet RiotCum on feel the noize

Black SabbathThe Writ

UFODoctor Doctor

AtomKraftFuture Warriors

Guns N’ Roses - Paradise City

MontroseBad Motor Scooter

BattleaxeBurn This Town

Iron ButterflyIn A Gadda Da Vida

QueensrÿcheSilent Lucidity

Accept - Beat The Bastards

Demon“Father Of Time”

SteppenwolfRide With Me

WhitesnakeHere I Go Again

Mercyful FateCurse of the Pharaohs

Deep PurpleSmoke On The Water

HystericaThe Bitch is Back

Vanilla FudgeYou Keep Me Hanging On

Alice CooperI’m 18

AerosmithDream On

Danzig- She Rides

A II ZThe Witch Of Berkeley

AlcatrazzHiroshima mon amour

Ария – Герой Асфальта (Aria – Hero Of The Asphalt)

Eddie Van HalenEruption

Judas PriestNightCrawler

Pretty MaidsPandemonium

Blue Oyster CultGodzilla

Ozzy OsbourneGoodbye to Romance

Armored SaintCan You Deliver

CreamSunshine of your Love

ScorpionsWind Of Change

Black Label SocietyIn This River

GordiStrasna Riba Izdaleka

RavenHard Ride

Tygers Of Pan TangMinotaur / Hellbound

Ethel The FrogApple of Your Eye

JaguarBack Street Woman

BudgieBreadfan

RushWorking Man

Hollow GroundWarlord

RainbowStargazer

HelloweenPerfect Gentleman

Blitzkrieg -Vikings

Iron MaidenHallowed Be Thy Name

Pagan AltarJudgement of the Dead

BloodrockD.O.A.

Led ZeppelinStairway to Heaven

The StoogesI Wanna Be Your Dog

Blue CheerOut Of Focus

PentagramWhen the Screams Come

Sir Lord BaltimoreHard Rain Fallin’

Cloven HoofNightstalker

Heavens GateSurrender

Sweet SavageEye Of The Storm

Diamond HeadSucking My Love

SaxonPrincess Of The Night

King DiamondThe Family Ghost

ManowarHail and Kill

Praying MantisTouch The Rainbow

Thin LizzyThe Boys Are Back In Town

TrustAntisocial

August 23, 2010

Tandpyn

by Gielie Geelmielie — Categories: Skeurberg — Tags: , No Comments

Vrot tand

Vrot tand

Tandpyn bekruip mens soms so stadig. Eers is daar net so dowwe pyntjie as jy ‘n roomys by die kafee op die hoek gekoop het en die koue ‘n senuweetjie in die tand ‘n vonkie laat skiet, of as jy vars pruimtwak in die kies sit en die tabaksop sypel stadig in die gaatjie van die tand in.

As jy naeltjieolie in die hande kan kry en dit op die betrokke tand drup, of ‘n stukkie watte deurweek met die naeltjieolie en dit op die tand vasbyt, brand dit so effens en dan vat dit die pyn weg, ook net so effens, maar dit help darem.

Tandpyn is ook nie soos ‘n fyt op die vinger of blase op die voete omdat jou velskoene al te klein is nie, nee, tandpyn kan mens nie met bloekomolie of samboksalf regdokter nie. As jy jou toon oop gestamp het teen die ploegskaar, groei die vel weer terug, maar ‘n tand maak mos nie so nie. Tandpyn raak net al erger en erger.

Tandpyn is amper soos ‘n kraak in die sementdam. Daai kraak gaan nie vanself toegroei soos jou stukkende toon nie, die kraak moet reggemaak word of jy sal ‘n ander dam moet bou. As jy meer as een sementdam het, kan die een met die kraak maar wag. So ook met die tanne, die een wat pyn kan jy maar uithaal, jy het mos nog ander tanne om mee te kou. Behalwe nou as jou tanne so min raak dat jy net sop kan eet, dan moet jy winkeltanne kry. Soos die sementdam. As jy net die blomkool, blaarslaai en wortels kan natlei maar die pampoene kry dors, moet jy maar die dam regmaak of ‘n ander dam bou.

Tandpyn wat so effentjies begin het, kan later so erg raak dat dit mens laat bid en vloek in een sin. Ja, vir eeue al kon ‘n hele paar knertsies ook pyn ligter maak, so dit is seker waarom Koen daardie Saterdag besluit het hy kort ietsie om die pyn te verdoof.

Toe hy by die kroeg ingestap het, met sy hand styf teen sy kakebeen vasgedruk en die moedeloosheid in sy oë, het almal geweet: Koen het tandpyn. Koen se tandpyn moes seker al so drie weke oud gewees het, want hy was bleek en het sommer siek gelyk en bang en hartseer en tranerig. Tandpyn is nie speletjies nie. Tandpyn maak ‘n groot man, soos Koen, swak.

Koen het ook sommer dadelik ‘n dubbel turksvymampoer bestel. Die hael het Skeurberg daardie jaar swaar getref en die geelperskes was so fyn soos gruisklippertjies geslaan voordat hulle ryp was. Die turksvymampoer het ‘n bitter smaak gehad as mens dit nie saam met lemoenstroop gemeng het nie. As iemand dit dus skoon wil drink, kon jy maar weet dit is om pyn weg te vat.

Koen vat toe sy glas vas waarin die voggies lê wat Lewies geskink het, maak sy mond groot oop en sluk. Sy oë rek wyd oop, hy kry nie asem nie en sy kakebeen beweeg op en af soos hy seker probeer vloek het. Toe gryp hy sy kakebeen met albei hande vas, en omdat hy seker sy asem terug gekry het en die tandpyn hom swak gemaak het, uiter hy toe ‘n paar kragwoorde. “Bliksem! Verdomp!”.

Koen sak toe weer op sy stoel neer, en sy oë lyk soos ‘n vuil glas vol vetkolle. Koen se lyf bewe en hy staan en beduie en praat met Lewies. Almal luister fyn, maar hoor niks. Eers later toe vind ons uit Koen het vir Lewies vir nog ‘n dubbel gevra, en ‘n strooitjie. Lewies sê toe hy het nie strooitjies nie. Dit het glo vir Koen gevoel asof die Duiwel homself sy brandende vurk in die seer tand se gat druk toe die turksvymampoer daar ingeloop het, en die pyn was baie erger daarna. Koen wou die mampoer met ‘n strooitjie sluk sodat dit nie weer naby die tand kom nie. Dit is ook te verstane, want dit was alombekend dat Oom Sybrand se Dodge bakkie geloop het met turksvymampoer in die tenk.

Koen trek toe sy pypsteel uit sy pyp en gebruik dit as ‘n strooitjie vir die tweede dubbel. Die mampoer moes hom begin krag gee het, want hy’t nie weer nodig gehad vir kragwoorde nie.

Die verligting was nie lank nie, toe druk Koen weer met sy handpalm op sy kakebeen. En hy kla. Die tandpyn moes sy tong los gemaak het. Dit was duidelik, Koen se tand moes uit. Al probleem was, Oudok Wilson wat sommer tanne getrek het ook, was Durban toe met vakansie en sou eers oor ‘n week teruggekeer het. Ons het maar net ons koppe geskud in simpatie want om nog ‘n hele week met die pyn te loop het swaar tye voorspel.

Koen drink toe nog mampoer en almal drink ook nog, om hom te ondersteun. Mens kan mos nie jou medemens alleen met die pyn los nie.

Koen besluit toe die tand moet uit. Hy kan nie nog ‘n week deur die marteling gaan nie. Hy sluk die mampoer die een na die ander af, en almal sluk saam, en begin rondsoek na iemand wat die tand sal kan uittrek.

Almal weier en vertel dat mens nie ‘n tand net sommer kan trek nie, mens het geleerdheid nodig, soos Oudok Wilson. Maar soos wat die drank vloei, word daar later hardop gewonder of dit regtig so moeilik kan wees om ‘n tand te trek, almal het mos al tanne gewissel toe hulle klein was.

Later handel die gesprek oor watter tang die beste sal wees om Koen se tand te trek. ‘n Groot draadtang sal nie deug nie, eerder ‘n langbek tang dalk. Maar later word besluit die langbek sal die tand nie lekker kan vasvat nie. Daar word nog gerook en nog mampoer gedrink en toe het iemand later ‘n waterpomptang uit sy bakkie gaan haal. Almal weet hoe lyk ‘n waterpomptang, maar die tang word rondgestuur en bekyk. Daar word besluit as ‘n tand getrek moet word, die waterpomptang die regte instrument sal wees. Nie dat dit gebruik gaan word om Koen se tand te trek nie, net dat dit die regte tang is.

Sowat ‘n uur later toe Koen papdronk is, sit hy op ‘n lae stoeltjie voor die kroegtoonbank, met sy kop agteroor en sy mond wawyd oop. Iemand hou ‘n lamp bokant sy kop vas en Janneman staan reg met die waterpomptang. Janneman sluk sy glas mampoer leeg, kyk versigtig in Koen se mond, vat die tand bo iewers in Koen se mond vas, en hy ruk die tang af. Koen se lyf word slap en iemand gryp hom net betyds. Janneman hou die tang omhoog. Die tand is heel uit, tot die wortel hang so bloederig aan die onderkant.

Dit was ‘n gesukkel om vir Koen by te kry, hy was so uit soos ‘n kers. En sy mond het erger gebloei as ‘n slagskaap wat keelaf gesny is. ‘n Teesakkie word in sy mond gedruk wat hy moet vasbyt waar die tand uit is.

Toe Koen weer by is, spoeg hy ‘n tand uit en sê met ‘n sleepmond “Donnegs, dit wash die hele week she pyn op een shlag.”

Janneman kyk na die tang en toe na die tand wat hy getrek het en toe na die tand wat Koen uitgespoeg het. Toe Janneman die tang afruk het hy nie net die boonste tand getrek nie, maar sommer mooi netjies ‘n onderste tand ook uitgeslaan.

Later die aand, toe Koen weer bleek lyk, en sy handpalm op sy kakebeen druk, toe weet ons, Koen het tandpyn. Die ander ding van tanne is, as hulle uit is, groei hulle nie weer terug soos ‘n duimnael wat jy per ongeluk met die hamer afgeslaan het nie.

August 18, 2010

‘n Hart vol blink trane

by Gielie Geelmielie — Categories: Skeurberg6 Comments

Dit was die dag toe Koot so stormdronk geraak het in die hotel se kroeg dat Oom Sybrand vertel het van die groot moeilikheid wat jare terug oor Skeurberg gekom het.

Koot het ‘n meisietjie uit die stad plaas toe gebring, maar sy was nie gemaak vir die plaaslewe nie en het na skaars ‘n jaar terug getrek stad toe na haar ma toe. Koot was lief vir haar en sy hart was in stukke, daarom het almal hom maar probeer reg dokter met perskemampoer in die kroeg. Wat sake nog vererger het, was dat die meisietjie ‘n slim prokureur in die stad gekry het en na die skeisaak afgehandel was, het Koot nie net sy vrou nie maar ook die helfte van sy plaas verloor. Koot het die deel gekry wat net ‘n stuk grond was, goeie grond ja, maar sonder ‘n huis en die stalle en die sinkskuur en die waterdam en die windpomp. Koot moes toe sy stuk grond verkoop en mooi gaan vra vir ‘n lening by die bank om die ander helfte terug te koop by sy vervreemde vrou. Toe het hy nog weer ‘n hoop skuld ook, en nog steeds net die helfte van sy plaas, maar kon darem weer boer en saans in ‘n huis slaap en nie buitekant in die oop veld onder ‘n skaapvel nie.

Oom Sybrand vertel toe dat daar twee dinge in die lewe is wat moeilikheid veroorsaak. Vrouens en die Polisie.

‘n Paar manne stry toe dat droogte ook moeilikheid veroorsaak, en geld ook, maar Oom Sybrand knik net sy kop en teug aan sy pyp voordat hy verder vertel.

Die moeilikheid met ‘n polisieman en ‘n vrou het glo jare terug, tydens die droogte toe die dam se bodem so hard so bakstene gebak was in die son, gebeur. Piet Welgemoed het daardie jare nog bakstene uit die dam se bodem met ‘n treksaag gesny en sy stalle gebou. Die stalle staan nou nog, selfs na die haelstorm en oorstromings wat gevolg het op die droogte.

Skeurberg het daardie jare heel rustig sonder geregsdienaars klaargekom. Dit was jare voor dronk konstabel Van der Schyff wat diens doen en net so lekker in die kroeg sit en suip en vars wildsbiltong eet buite jagseisoen.

Hechter was die naam van die man wat hier aangekom het. En saam met hom was ‘n vrou, en ‘n baie mooi vrou daarby ook. Dit was nie sy vrou nie, die man was alleenlopend en die vrou was ook ‘n konstabel, om hom te help met papierwerk. Hermien was haar naam gewees. Haar van was Erlank en die mense het nogal gewonder of sy van die ryk Erlanks is wat anderkant die Soutpansberge boer of van die arm Erlanks wat duskant die Apiesrivier bankrot gespeel het.

Toe Hechter by die kroeg instap, het Lewies, wat toe nog jonk en sterk was, iets gemompel van die leë bottels wat nie so agter die toonbank kan staan nie, ‘n houtkrat opgetel wat die are in sy nek laat bult het en deur die agterdeur daarmee verdwyn. Almal in die kroeg het geweet in die houtkrat was geen leë bottels nie, maar wel vol bottels perskemampoer. ‘n Hele klomp manne het ook gekug so asof hulle sukkel om asem te kry. Mens kon mos nie met die onwettigheid in jou glas betrap word nie, en die vinnigste was om die inhoud af te sluk. Peet Vermeulen moes hard en vinnig sluk, want hy moes ‘n paar blink klippies ook saam met die mampoer inkry.

Hechter het kroegtoonbank toe gestap en geduldig gewag totdat Lewies terugkeer. Hechter het verduidelik dat hy twee kamers in die hotel soek; die Goewerment sal betaal totdat hy en konstabel Erlank permanente verblyf het.

Toe konstabel Erlank die kroeg binnestap, was dit asof die manne vir ‘n tweede keer sukkel om asem te kry. Niemand het seker gedink dis ‘n vrou, en so mooi vrou met rooi hare en klein sproetjies op haar neus nie. Sy het ‘n uniform aangehad, maar haar rondings en groen oë het ‘n paar manne wankelrig gemaak op hulle stoele en hulle oë het ‘n dromerige uitdrukking gehad, so asof hulle al heelwat perskemampoer in het. Jong ongetroude vrouens was skaars op Skeurberg, en die hubare jong manne was baie.

At Greyvenstein het eerste tot verhaal gekom en homself verskoon. Hy het gesê hy moet by die plaas kom, met die droogte kan ‘n brand maklik ontstaan. ‘n Ruk later toe ontstaan daar toe ‘n brand op At se plaas en die lappie dagga wat hy agter die bloekombome aangeplant het verdwyn in ‘n bol rook. Hy moes heelwat bloekomtakke en- blare ook gebruik het om die reuk van brandende dagga te verdoesel.

Peet Vermeulen het gesê sy maag is omgekrap en het ook vinnig gegroet. Die blink klippies wat hy ingesluk het, moes weer uit en in die rantjies weggesteek gaan word.

Klaas Bothma het net opgestaan en uitgeloop. Hy het haastig plaas toe gegaan en die stookketel in die skuur onder bale hooi gaan wegsteek.

Frik Venter wat in die dorp gebly het, het gesê sy vrou is siek en hy moet eers gaan kyk hoe dit met haar gaan. Later, nadat hy die sluis gaan toemaak het want hy was besig om buite sy beurt water te lei, het hy terug kroeg toe gekom en daar was amper niemand meer nie.

Hans Taljaard het gewik-en-weeg oor die vars geslagte wild wat in sy koelkamer hang, toe besluit hy sal moet gaan en deurnag gewerk om biltong te maak. Volgend Hans het Hechter nie gelyk asof hy die verskil tussen beesvleis en wildsvleis ken nie, en het dus besluit om voort te gaan met sy biltongbesigheid, net bietjie versigtiger.

Iemand het vir Jakobus Steyn gevra of dit wettig is, die broodbome wat hy in die veld uithaal en in die Stad gaan verkoop aan die ryk mense met groot tuine. Jakobus het gesê dit is natuurlik wettig, want waar het jy nou al in jou lewe gesien dis teen die wet om veldplante uit te haal. Wat dan van die dekgras wat die volkies so sny? Toe iemand hom daarop wys dat hy darem die broodbome mooi onder ‘n seil versteek as hy dit Stad toe neem, het hy gesê hy versteek dit nie, hy beskerm dit teen die wind. Toe staan hy ook op en die volgende oggend is ongeveer dertig broodbome weer geplant in die veld waar hy hulle uitgehaal het.

Hechter het dit nie besef nie, maar hy het ‘n groot opskudding in die hele omgewing van Skeurberg veroorsaak. Dit was droogte en die mense het nie baie geld gehad nie, maar moes maar duur brandewyn in die kroeg drink in plaas van veel goedkoper en veel sterker perskemampoer. Die mense het maar almal hulle maniere gehad om ‘n ekstra geldjie te maak terwyl die reën wegbly, maar met Hechter in die omtrek moes hulle dit laat staan. Hulle moes hulle brood dunner sny en die konfyt en botter moes langer hou. Die skoene moes maar gelap en die kouse gestop word. Die winkelier se sake verswak, almal vermy die bankbestuurder en tot Dominee wat hard preek oor die tiendes het gesukkel want die kollektes het ook kleiner geword.

Hechter slaan onverwags orals uit en skryf dan in sy notaboek. Hans het blykbaar die honde losgemaak toe hy vir Hechter met die stofpad sien aankom het, maar Hechter was glo ook by honde opleiding betrokke en dit het niks gehelp nie.

Volgens Hechter was die veiligheid van sy gebied top prioriteit en sigbare polisiëring die antwoord op misdaad. ‘n Paar mense wou weet watter misdaad daar dan kwansuis plaasgevind het, maar Hechter het net geantwoord dat voorkoming deel van misdaadbestryding is.

Die jong manne het natuurlik begin vlerksleep by Hermien, maar sy was ‘n moeilike een gewees. Klein Klaas het by haar gaan aanklop met ‘n gebreide sebra-vel, wat sy dankbaar aanvaar het omdat die klipvloer van haar voorkamer maar koud was in die aande, hom binne genooi vir koffie, en hom toe nie weer genooi nie. Klein Klaas was bekend dat hy vir jou biltong met ‘n vuil knipmes gekerf het en hy het ‘n hanglip gehad waarby die donkerbruin spoeg gedurig uitgeloop het as hy roltwak gepruim het.

At Greyvenstein het ‘n skaap laat slag, die vleis in bruinpapier verpak en vir Hermien gevat. Almal het lekker gelag toe Hermien ‘n dag later die vleis aan die tuinwerkers uitgedeel het, want ‘n koelkas het sy nie gehad om so baie vleis in te stoor nie.

Dit was Frik wat vertel het dat Hechter self, terwyl die manne hard werk op hulle plase en vroeg gaan slaap saans, opgesit het by Hermien.

Die manne het besluit dit kan nie so werk nie. As daar wedywering onder iemand is om die hand van ‘n vrou, is dit onder hulle, die boere, nie hulle en ‘n polisieman nie. Hulle het ook onderlangs gewonder of ‘n polisieman mag vlerksleep by ‘n vrou wat ook die gereg dien, maar wou dit nie te hard vra nie, nie omdat hulle bang was nie, net omdat hulle nie seker was nie. As mens nie seker is nie, dan bly mens eerder stil. Hulle kon iemand geleerd soos die bankbestuurder gaan vra het, maar die tyd was nie reg om met die bankbestuurder te praat nie. Dit was die tyd om hom te vermy.

Die manne het ‘n paadjie uitgetrap na Hermien se voordeur, maar dit het nie gelyk nie asof sy enigsins ag geslaan het op hulle attensies nie. ‘n Paar het gespog dat hulle vordering maak, maar Frik wat elke aand deur sy gordyne geloer het, het vertel dat die opsitkers nie lank gebrand het nie en party het so gou weer geloop hulle het seker nie eers koffie gekry nie.

Hechter het toe ook vies geraak vir die boere wat so by Hermien aangelê het, en mens kon maar weet, as jy die aand by Hermien was, kom doen Hechter patrollie die volgende dag op jou plaas.

Die aand toe Peet aanklop by Hermien, en hy die pragtige wit roosknoppe in ‘n vaas op die tafel sien staan het, herken hy die rose sommer dadelik. Die rose was vanuit sy voortuin afkomstig. En Hechter was glo die middag daar toe Peet die grensdraad gaan ondersoek het. Hechter was glo weer op patrollie en het die volk by hulle kaias ook klomp vrae gaan vra. Peet besluit net daar mens sleep mos nie vlerk met ‘n ander man se rose nie. Nee bliksem, dink hy toe, dit werk nie so nie.

Peet het net daar uitgeloop sonder om te groet terwyl Hermien nog in die kombuis besig was. Hy het aan Hechter se voordeur gaan hamer en toe Hechter oopmaak, hom reguit vertel hy wil diefstal rapporteer wat onmiddellik ondersoek moet word.

Toe Hechter vra wat gesteel was, het Peet gesê ‘n hele vyftien van sy mooiste roosknoppe uit sy tuin, helder oordag.

‘n Paar bure het ook hulle gordyne weggetrek want Peet het hard aan die deur gehamer met sy vuis en die mense wou sien wat aangaan. Peet het ‘n groot kabaal opgeskop. Hy wou hê die ondersoek moet so vinnig moontlik begin. Dadelik!

Hechter het iets probeer verduidelik, maar Peet het hom nie kans gegee nie. Peet het al driftiger vertel dat hulle die honde moet kry om die spoor van die dief te vat, sommer sy eie honde en Hans se honde ook, om seker te maak die regte dief word gevang en toegesluit en die sleutel weggegooi.

Hechter kry toe ‘n woord in en erken dit was hy wat die rose gepluk het, want dit is mos maar net rose. Peet klim toe eers in en stuur iemand om vir Dominee te loop wakkerklop, dat hy uit die Bybel kan lees dat steel steel is, groot of klein. Dominee het die vrede probeer bewaar en toe ook sommer die stuk uit die Bybel voorgelees van eers die balk uit jou eie oog haal en toe die stuk van mens mag nie oordeel nie en toe die stuk van sewentig maal sewe kere vergewe.

Baie mense het gedink dominee se voorlesing daar in die tuin voor Hechter se huis was meer op Peet van toepassing as op Hechter, maar Peet het na die tyd gesê die Bybel is vol simboliek en mens kan nie regtig ‘n balk in jou oog kry nie, dalk net ‘n splinter as jy balke saag met die treksaag en die hout is baie droog, soos goeie hout vir meubels moet wees.

Hechter moes toe al seker geweet het hy gaan nie inpas by die gemeenskap van Skeurberg nie. Gelukkig het die stadsmeisie wat ‘n maand later by die Poskantoor gewerk het, ook verlang na die stad en haar hand het Hechter gekry. Sy verplasing het kort daarna gevolg.

Oom Sybrand se storie eindig toe net daar, en die manne drink weer saam met Koot terwyl hulle dink oor wat Oom Sybrand vertel het. In die hele storie is hyself, Oom Sybrand, nie genoem nie. En almal weet dat Tante Hermien met die rooi hare en sproete op haar neus, Oom Sybrand se vrou is. Al is sy al bejaard en plooie het ook plek ingeneem saam met die sproete, is sy nog steeds mooi. Hulle dink daaraan en hulle wonder ook oor hoe die stookketel by Oom Sybrand uitgekom het. Almal wag ook dat iemand moet vra.

Lenie, wat in die Poskantoor werk, vra toe. “Oom Sybrand, vertel tog die storie klaar. Hoe het Oom en Tante Hermien toe by mekaar uitgekom?”

Oom Sybrand stop toe eers sy pyp tydsaam en trek die tabak aan die brand. “Die dag toe sy hier instap en almal loop om die spore van hulle onheilighede te gaan doodvee, het ek haar oë gevang. Die oomblik toe ons vir mekaar kyk, toe weet ek, met haar gaan ek voor die kansel staan en sy weet sy gaan langs my staan. Net so.”

“En die polisieman, Hechter en die ander boere wat so aangelê het?” vra Lenie. Almal luister.

“Aag wat, kind,” sê Oom Sybrand, “Dit was maar soos honde wat oor ‘n been baklei.”

“En die stookketel?” vra Bernard wat op Doringlaagte boer terwyl hy nog ‘n knerts mampoer bestel.

“Die het ek vir twee pond gekoop, nadat Hermien vertel het mens kan ‘n lisensie kry om mampoer te stook,” sê Oom Sybrand.

Almal weet ook van die knewel van ‘n diamant geset is in Tante Hermien se verloofring. Almal weet ook van Peet wat tot voor sy dood vertel het van die grootste blink klippie wat hy nie weer kon vind by die wegsteekplek in die rantjies nie.

“Gee daar vir Koot nog perskemampoer,” sê Oom Sybrand. “Die perskemampoer was enige iets skoon, van grond tot stront tot ‘n hart vol blink trane.”

August 11, 2010

Waar Die Son Slaap – 2

by Gielie Geelmielie — Categories: Waar die Son slaap2 Comments

Skelelia se mond is droog. Die son brand op haar neer, maar sy weet sy kan nie afwyk en water gaan soek nie. Sy swaai die bok van haar skouers af, haal ‘n oogbal van die bok uit en druk dit in haar mond. Sy kou die vog uit, tel dan die bok weer op en beweeg voort deur die gras.

Skelelia is net vaagweg bewus van die kloppende pyn in haar linkerhand, waar die voorste lit van haar pinkie die vorige dag afgesny is deur Die Dromer, Xeusio.

Xeusio is ‘n eenkant mens. Hy droom van tye in die Ander Wêreld, en hy is die een wat hulle geleer het hoe om die blink stof uit die klippe te haal en skerp punte vir hulle spiese te maak.

Xeusio is ook ‘n genadelose mens, en hy haal die waarheid met vuur uit ‘n Zelumiër indien een gevange geneem is deur die Alekiane.

Die oudstes het lank saam met Xeusio eenkant gepraat, en toe hulle terugkeer, die voorhuide van die seuns en mans afgesny en die voorste litte van die linker pinkies van die meisies en vrouens. Hulle is vertel dat dit die teken is dat geen man sonder ‘n voorhuid vir hom ‘n vrou mag neem indien die lit van haar pinkie af is nie.

Die oudstes het vertel dat die Alekiane min geword het. Hulle moet wegtrek en ander Alekiane vind. Hulle eie bloed mag nie meng nie. Die wat hulle eie bloed laat meng of een word met ‘n Zelumiër moet gedood word.

Skelelia wonder of Xeusio se voorhuid ook afgesny en in die vuur gewerp is. Sy weet ook dat die mense onrustig is. Onder almal van hulle mag geen man ‘n vrou vir hom neem nie. Geen vrou mag haar oopmaak vir ‘n man nie, want daar is geen man met ‘n voorhuid en geen vrou wie se pinkie ongeskonde is nie.

Onder hulle was ook kinders wat half Alekiaan en half Zelumiër was. Die oudstes het beveel dat die wat nie suiwer Alekiaan is nie, ook gedood moet word. Almal se skedels is verbrysel en die lyke in die rivier gegooi, wat in die rigting van die Zelumiërs se vesting stroom. Xeusio het gesê dat die lyke die water giftig sal maak vir die Zelumiërs.

Skelelia hoor skielik ‘n sagte snuifgeluid. Sy sak op haar hurke neer, sit die bok op die grond neer en sluip in die rigting vanwaar sy die geluid gehoor het. Sy sien die seun deur die lang gras. Hy is half Alekiaan en half Zelumiër. Hy moes betyds gevlug het om nie saam met die ander gedood te wees het nie. Hy sit in die skadu van ‘n jong boom en is onbewus van Skelelia.

Skelelia sluip nader, gryp dan die seun en omklem sy nek met haar arm. Die seun hyg na asem. Sy oë lyk bang en sy lyf bewe. Skelelia dink vir ‘n oomblik daaraan om die seun te laat gaan, maar dan onthou sy die nag toe die Zelumiërs haar ma en haar suster oopgespalk het. Die seun het die bloed van die Boosheid in hom. Skelelia druk haar arm skielik kragdadig in die seun se nek vas. Sy hoor hoe sy gorrel kraak. Sy verslap haar greep, en ruk dan sy nek eenkant toe. Hy sak op die grond neer, leweloos. Die aasdiere sal hom later stuk-stuk kom wegdra.

© 2010 Die Kroeg All rights reserved - Wallow theme by TwoBeers Crew - Powered by WordPress - Have fun!