Die Kroeg

Kroeg Musiek – Eisbrecher
Eisbrecher (German pronunciation: [ˈaɪ̯sbʀɛçɐ]) is a German Neue Deutsche Härte band that consists primarily of Alexander Wesselsky (Vocals) and Noel Pix (Lead Guitar/Programming), with live support of Jürgen Plangger (Guitar), Olli Pohl (Bass), René Greil (Drums), Max “maximator” Schuar (Keyboards/Programming). In the US and Canada, their record label is now Metropolis Records.

The band’s name in translation from German means “Icebreaker”. The band’s lyrics and slogans often include terms of ice and sailing, such as “Ahoi” (Ahoy) and “Es wird kalt” (It’s getting cold). The band’s frontman, Alexx Wesselsky, often wears naval and military clothing in performances. – Wikipedia.

<object classid="clsid:d27cdb6e-ae6d-11cf-96b8-444553540000" width="340" height="285" codebase="http://download.macromedia.com/pub/shockwave/cabs/flash/swflash.cab#version=6,0,40,0"><param name="allowFullScreen" value="true" /><param name="allowscriptaccess" value="always" /><param name="src" value="http://www.youtube.com/v/fa2TIXrwWbo&hl=en_US&fs=1&color1=0xe1600f&color2=0xfebd01&border=1" /><param name="allowfullscreen" value="true" /><embed type="application/x-shockwave-flash" width="340" height="285" src="http://www.youtube.com/v/fa2TIXrwWbo&hl=en_US&fs=1&color1=0xe1600f&color2=0xfebd01&border=1" allowscriptaccess="always" allowfullscreen="true"></embed></object>

<object classid="clsid:d27cdb6e-ae6d-11cf-96b8-444553540000" width="340" height="285" codebase="http://download.macromedia.com/pub/shockwave/cabs/flash/swflash.cab#version=6,0,40,0"><param name="allowFullScreen" value="true" /><param name="allowscriptaccess" value="always" /><param name="src" value="http://www.youtube.com/v/ttZ6Duv-Kvo&hl=en_US&fs=1&color1=0xe1600f&color2=0xfebd01&border=1" /><param name="allowfullscreen" value="true" /><embed type="application/x-shockwave-flash" width="340" height="285" src="http://www.youtube.com/v/ttZ6Duv-Kvo&hl=en_US&fs=1&color1=0xe1600f&color2=0xfebd01&border=1" allowscriptaccess="always" allowfullscreen="true"></embed></object>

Klaar met skool
“Ouens, ons sal moet plan maak, en vinnig ook,” laat val Andre terwyl ons een Vrydagaand in sy kamer sit, elkeen met ‘n bier in die een hand en ‘n Craven ‘A’ in die ander hand. Ons beursies was dun. Tannie Lettie het geld met die perde gewen en het vir ons ‘n kas bier vir die aand gekoop, om bietjie te ontspan en weg te kom van die stres van die matriekeindeksamen. Die pakkie sigarette het Andre vasgelê toe iemand vir sy ma kom kuier het.

“Aag, relax,” laat weet ek. “Ek sal by my ma ‘n bottel vodka skaai en dan is ons sorted vir die res van die naweek”, sê ek, want ek het aangeneem hy praat van die ernstige duik wat besig was om in die kas bier te vorm.

Mark het net oorgeleun, nog ‘n blikkie bier gekry en dit geknak terwyl hy ‘n wind opgebreek het.

“Nee, julle fokkers, ek praat nie van die drank nie,” het Andre gesê en opgestaan.

“As dit weer een van jou planne is om …” het Mark begin, maar Andre maak hom stil.

“Nee. Luister vir ‘n slag, for fuck sakes, en hou op aan drank en naai dink. Woensdag skryf ons ons laaste vakke, dan is ons klaar met skool. Klaar!” sê Andre en gluur ons aan. “Tensy jy gaan staan en druip,” voeg hy by en gee vir Mark ‘n vuil kyk.

“Ja, en so what?” vra Mark. “Of dink jy ons moet vir oulaas iets breek by die skool? Miskien moet ons tandestokkies in al die klaskamerdeure se slotte gaan druk.”

“Nee fok! Wat gaan ons doen die vakansie? Al daaraan gedink?”

Ek en Mark sit stil, sluk bier en dink vir ‘n ruk. Wraggies, ons het niks om te doen nie. Na matriek moet mens mos see se kant toe gaan. Margate of iewers en baie drink en dalk score ook.

Andre steek toe nog ‘n sigaret aan, knak een van die laaste paar biere, sluk diep, en kondig toe aan. “Die familie wat vanmiddag hier kom kuier het, wel, ‘n vriend van hulle het ‘n erf in Margate gekoop, en hy het geen worries as ons die erf gebruik nie. Die erf is soort van deel van ‘n karavaanpark ook. Sien, die eienaar van die karavaanpark het skuldprobleme gehad, en toe verkoop hy van die grond, so as ‘n tipe van permanente staanplek. Ons moet net planne maak om ‘n tent iewers in die hande te kry.”

Toe onthou ek ook skielik van die army tent wat daar in die garage bo op die dakbalke iewers is. “Hey, daar’s ‘n sestien by twee-en-dertig army tent, met alles, in ons garage!”

Toe begin ons beplan. Nie dat daar veel was om te beplan nie. Basies was die plan ons ryloop Margate toe, en gaan hou vakansie daar. Maar ons was opgewonde, ons het ook iets gehad om na uit te sien sodra ons klaar is met skool.

Alle kak dinge kom ook op ‘n einde, en die Woensdag toe ons klaar geskryf het en uit die skoolsaal gestap het, was skool klaar vir ons. Ek het sommer ‘n sigaret net so in my skoolklere aangesteek en by die hek uit gestap. Mark en Andre ook. Ons het reguit na my huis toe gestap. Ma was effens aangeklam toe ons by die huis aangekom het, want sy wou weet hoeveel onderskeidings ek gekry het en of sy maar my matrieksertifikaat kan laat raam. Tannie Lettie het toe verduidelik dat die uitslae eers later in die koerant sal wees, en toe sommer aangebied dat sy en Ma ons sertifikate by die skool sal gaan haal, aangesien ons nog by die see sal wees.

Ons kry toe ons bagasie, tesame met die army tent se dak, grondseil, kantseile, male en female middelpale, kantpale, penne,  kettings en ‘n hamer en swoeg grootpad se kant toe. Ons het nog ons skoolklere aan. Ons duime dui die rigting aan. Na so twintig minute trek daar ‘n Datsun SSS af. Toe besef ons dit gaan nie werk nie. Ons drie, met ons bagasie en die moerse pakkaas van ‘n tent? Never. Ons sal nie in ‘n kar pas nie. Shit.

Ons hou net ons duime uit vir vragmotors. Hulle brul verby. Di tyd stap aan. Dit is warm. Die sweet loop en ons duime begin al so half verlep lyk. Margate is ver.

‘n Verbleikte roesbruin Bedford 5-ton lorrie rammel van die pad af. Ek loop nader. ‘n Vriendelike omie, met ‘n Castle Milk Stout in sy hand en ‘n welige snor wat geel gevlek is deur nikotien vra waarnatoe ons gaan. Ek sê hom ons gaan Margate toe. Hy sê ons moet laai en agterop klim, want hy gaan ‘n vleuelklavier in Port Edward laai en sal ons met die grootste plesier in Margate drop. Sy van is Geybers, sy naam Koot, en aangesien ons klaar is met skool, kan ons hom ook sommer Koot noem. Niks van Oom Koot of Meneer Geybers of so iets nie. Ek dink net vir ‘n sekonde dat die mense met die klavier dalk die verkeerde persoon met die verkeerde lorrie gekry het om hulle klavier te trek, toe laai ons en ons klim.

Die Bedford rammel weg. Met die army tent se seile, maak ons ‘n lekker sitplek agterop. Ons lê sommer lekker terug en skree vir mekaar om hoorbaar te wees bo die lawaai van metaal wat rammel en die wind wat om ons suis.

Net daar anderkant Heidelberg breek ‘n ontsettende donderbui los. ‘n Wolkbreuk soos ons nog nie aanskou het nie. Koot ry. Die water stroom op ons neer en af en toe verblind die weerlig ons en die knalle slaan ons ore toe. Ons is sopnat en die wind waai ons koud. Terwyl die waterdruppels my gesig seer tref, wikkel ek my tas oop en kry ‘n bottel vodka uit. Een van my hemde verdwyn in ‘n warreling oor die rand van die lorrie. Ek kry my tas weer toe en draai die bottel se prop met my tande af. Ek sluk diep en die alkohol maak lekker warm in my maag. Ek gee die bottel aan. Daar in die gietende reën, agterop ‘n ou Bedford trok, vier ons die dag wat ons skool verlaat het. Later bedaar die storm en trek dit oop. Die wind waai ons nat klere yskoud. Koot ry.

Eers daar by Howick se wêreld, trek Koot af om diesel te gooi. Die Bedford loop stadig en dit was al sterk besig om donker te word. Koot gooi omtrent ‘n dosyn Milk Stout blikke in die asblik, en trek weg toe hy betaal het. Hy het gesê ons hoef nie te las nie.

Die reën vang ons weer daar anderkant Durban, oppad Suidkus toe. So ‘n flou see reëntjie wat aanhou en aanhou en aanhou. Toe Koot voor die hek van die karavaanpark stop, tref die reuk van braaivleis ons. Ons laai ons pakkaas af, bedank vir Koot en toe hy wegtrek wuif hy met ‘n blik Milk Stout in die hand. In die karavaanpark kyk ‘n paar mense die drie skimme, deurnat en vuil, met ‘n moerse groot tent wat hulle dra, skuins aan. Ek stamp my toon teen iets en sê kliphard, “Eina! Poes!” Iemand lag vir ons drie, maar ons voel fokkol.

Ons sukkel nie met die army tent in die donker nie. Ons gooi net die grondseil oop, gaan maak vuur, maak nog ‘n bottel vodka oop en braai van die vleis wat ons ma’s saamgestuur het. Die res van die vleis het Andre in die gemerkte sakkies in die gemeenskaplike vrieskas gaan pak. Mark sit ‘n Pink Floyd kasset in die draagbare radio/tape deck, rol ‘n lekker vet zol met die dagga wat hy ‘n week tevore by iemand langs die treinspoor iewers gaan koop het, en ons ontspan. Ons eet sommer die vleis so met die hand van die rooster af. Fok die skool, fok die hoof, fok die wêreld, en fok alles… Ons is klaar met skool. Ons vakansie en die res van ons lewens het begin.

Klaar
Wel, dit lyk asof alles nou hier is wat hier moet wees. As jy ‘n fout opspoor, laat weet maar gerus. Die 2 chat bladsye is weg, want daar gaan niks aan nie en Chatroll laat mens net hover tot vervelens toe.

Nuwe…
… look, naam, domein ensovoorts, maar nogsteeds dieselfde plek.

Partykere is iets so bekotsingswaardig kaksleg, dat mens dit maar by die agterdeur moet uitgooi saam met die vuil skottelgoedwater en opgekoude biltongsenings.

Natuurlik is hierdie stukke virtuele werf nog nie klaar nie, maar dit is jou eie skuld as jy vroegtydig hier loer. Hier en daar sal jy nog foutboodskappe optel, en heel waarskynlik is van die inhoud sommer  net heeltemal weg, MIA.

Hou maar die spasie so in die een oog dop.

Ek is nie lus om ‘n “maintenance” boodskap hier te plaas nie, so, kyk maar deur die venster totdat alles reg is.

Kroeg Musiek – Suck
<object classid="clsid:d27cdb6e-ae6d-11cf-96b8-444553540000" width="340" height="285" codebase="http://download.macromedia.com/pub/shockwave/cabs/flash/swflash.cab#version=6,0,40,0"><param name="allowFullScreen" value="true" /><param name="allowscriptaccess" value="always" /><param name="src" value="http://www.youtube.com/v/OBRtgAM_fQ4&hl=en_US&fs=1&rel=0&color1=0x2b405b&color2=0x6b8ab6&border=1" /><param name="align" value="left" /><param name="allowfullscreen" value="true" /><embed type="application/x-shockwave-flash" width="340" height="285" src="http://www.youtube.com/v/OBRtgAM_fQ4&hl=en_US&fs=1&rel=0&color1=0x2b405b&color2=0x6b8ab6&border=1" align="left" allowscriptaccess="always" allowfullscreen="true"></embed></object>

Suck (Louis Joseph Forer,  Stephen Gilroy,  Saverio Grande en  Andrew Ionnides) is vroeg in 1970 in Suid-Afrika gestig en het 8 maande gehou tot in 1971.

Suck was een van die eerste bands wat covers van Black Sabbath gespeel het.

Suck het slegs een album uitgebring, naamlik Time to Suck. Die album is in 2009 op CD in Amerika uitgereik.

Stephen Gilroy het deesdae ‘n brouery, Gilroy’s, aan die Wes-Rand.

Ag nee wat…
Die sokkerkaartjies se prys kan maar afkom, daar’s nou geen manier meer dat ek in ‘n stadion gaan sokker kyk nie. Behalwe dat ek nie juis sportgeesdriftig is nie – ek kyk ook nie rugby of krieket nie – sou ‘n sessie se sokkerkyk in ‘n stadion nogal lekker gewees het. Lekker uitgaan en gees vang en sulke goed.

Maar toe kom ek agter in die stadions word net Budweiser verkoop. Kyk, my bier is my bier. Ek hou van my bier. As daar ‘n geleentheid is vir bier drink, want koue bier kielie die keel lekker op geleenthede, dan is ek eerste in die ry.

Ek probeer mos ‘n Budweiser, want ek is mos ook so bietjie oopkop.

Sorry, slegs 2 uit 10.

Die 2 punte is gegee omdat iemand darem iewers iets probeer het. ‘n Bottel ontwerp het en ‘n etiket opgeplak het.

Ek sal maar tydens die sokker ‘n geleentheid skep met ‘n groot braaivleisvuur, by iemand wat DSTV het, en ‘n dosyn yskoue Zamaleks. Of dalk sommer by een van die kuierplekke, ver, buitekant ‘n stadion en die ronde bal op ‘n groot flat-screen volg.

Selfverdediging
Nee, nie teen een of ander wille ding met ‘n klapmus en gewere nie. Teen groet, en meer spesifiek teen soengroet.

Die ding, die euwel,  begin al as jy klein is. As jy nog ‘n pap babatjie is, dan tel die mense jou op en knyp jou wangetjies en soen jou. Jy’s nog broos, maar Ouma en almal soen jou. Hulle kug sulke griep slym op, maar soen sal hulle soen.

Dan word jy groter. Tannies en Ooms, en Oumas en Oupas en vriende ensovoorts, het verval in die kak gewoonte van soengroet.

As jy klein is, is dit erg. Een of ander tannie of oom, afhangend of jy ‘n meisie of seun is, buk vooroor om jou te soengroet en jou hare te vryf. So met die vooroorbuk gly hulle valstande vorentoe, hulle struikel ook half want hulle sukkel maar met die rug en dan tref die valstande jou lippe en daarna sulke pap, nat, sop-agtige lippe word teen joune neer geplak.

As hulle so vooroor tuimel om jou ‘n klapsoen te gee, kan jy sommer sien hoe die koorsblare bars. Die stuk biltong-sening, gekoude lemoenskil, krummels Marie-biscuits… wat soos ‘n slymerige ghwel tussen hulle (vals) voortande vassit, swaai soos ‘n slingervel na jou mond se kant toe.  Bekotsingswaardig.

En as ‘n meisie se lyf begin ontwikkel, dan is daar mos een of ander oom of vriend of ding wat sy hande oor haar borste of boude probeer gly as hy soengroet. So fokken perverse doos.

Teen die tyd behoort dit duidelik te wees jy sal jouself moet kan verdedig teen soengroet.

As jy ‘n man is:

Kyk, jy kan nie jou tannie of ma se vriend se vrou se ouma ‘n taai klap gee nie. Jy sal ander planne moet maak.

Moenie eers daaraan dink om te sê jy het griep wil daarom nie groet met ‘n soen nie. Oumense is juis meer vatbaar vir griep, maar dit pla hulle nie. “Aag wat sal dit help om te kla, kom soen vir Tannie…” en dan plak hulle die gedroogde snot op hulle lippe teen joune.

Probeer maar jou gesig draai dat die kus op jou wang land, hulle draai jou kop vir jou terug. Hulle het skaars genoeg krag om ‘n teekoppie vas te hou, maar jou nek sal hulle reg draai.

‘n Paar planne:

Bedek jou mond ten alle tye met ‘n bierblik.

Indien jy in ‘n onbewaakte oomblik, toe jy by kuiergaste opdaag, toegelaat het dat daardie koue, nat, pap lippe aan joune raak, trek snot en ghop. En vee jou mond verwoed af. Dit moet duidelik wees jy het sopas ‘n vieslikheid ervaar. Aaggggggggggggggg  grgrgrgrgrgrgrgrgrgrgrgrgr en spppppptttt soos jy die snotghwel spoeg. Enige iemand wat jou nog wou soengroet, moet terugstaan en gril vir jou. Hulle moet jou nie meer wil soengroet nie. Onderlinge fluisteringe soos “Hene, maar Boetie het ongeskik geraak…” beteken jy het sukses behaal. Klop jouself op die skouer en knak ‘n bier. Onthou om ‘n klipharde wind op te breek.

Vertel jy het Hulogosimtinus. Dink enige simptome uit waarvan oumense nie sal hou nie, soos beheer verloor oor jou kolon en blaas, wat dit veroorsaak. In ‘n erge graad. Griep/influenza verkoue, en daai werk nie. Hulle val nie daarvoor nie. Probeer Hulogosimtinus.

As jy ‘n vrou is:

Jy kort baie planne en opleiding.

Vir die kiem-en virusbelaaide soen met die bloed wat uit die koorsblare drup, kan jy:

Jou mond ten alle tye met ‘n bottel mineraalwater of ‘n heerlike vrugtedrankie bedek.

Naar word en opgooi.

Vertel jy het Hulogosimtinus. Dink enige simptome uit waarvan oumense nie sal hou nie, soos beheer verloor oor jou kolon en blaas, wat dit veroorsaak. In ‘n erge graad. Griep/influenza verkoue, en daai werk nie. Hulle val nie daarvoor nie. Probeer Hulogosimtinus.

Vir al bogenoemde was dit ‘n meer defensiewe benadering. Vir die Fokken Perverse Doos, moet jy ‘n offensiewe benadering volg.

Daardie Kak wat sy arm so om jou lyf sit om aan jou borste of boude te vat, en jou ongemaklik laat voel, moet aangeval word. Daar is verskeie tegnieke. Laat ek onder begin.

Jy trap met jou hoëhakskoen so hard as moontlik op die brug van sy voet, al dra hy ’n skoen. Jy trap. TRAP! Oefen met ‘n ou paar skoene buitekant op die gras. As jy jou skoen se hak in harde, droë grond kan intrap met een flitsende, skielike beweging, dan is jy gereed.

Skop hom op sy maermerrie. Kyk “Kickboxer” en oefen teen ‘n piesangboom of Strelitzia. Jy moet die bloed uit sy maermerrie kan skop.

Knie hom tussen die bene. Hard. Kyk “Kickboxer” weer.

Gebruik jou kop. Daar waar jou haarlyn begin, meet so handbreedte agtertoe. Met daai gedeelte, slaan jy hom met die kop vol op die mond. Dat sy lippe bloei en sy valstande breek. Oefen met ‘n kussing wat jy van die plafon laat afhang. As jy later in waatlemoen kan flenters kop met een hou, is jy gereed.

As hy met een hand op ‘n kierie steun, met die ander op jou steun en aan jou borste of enige ander plek vat wat jou ongemaklik laat voel, skop sy kierie onder hom uit.

Sit ‘n keel op, en sê kliphard: ”Moenie my so betas nie jou vark!” En slaan hom met die handsak deur die gesig. Moenie worry oor wat die mense dink nie, kanse is baie goed daar is ander vrouens wat dieselfde voel oor hom.

Laat jou man of boyfriend die Fokken Perverse Doos eenkant toe vat en dinge uitstorteer.

Sorted.

The Chopper Code
Thou shalt not watch Egoli.

Thou shalt not watch 7de Laan.

Thou shalt not watch any other soap operas.

Thou shalt not read Huisgenoot.

Thou shalt not spill beer.

Thou shalt know the difference between making love and fucking.

Thou shalt make love.

Thou shalt know how to satisfy thou’s woman in bed, the kitchen or any other place.

Thou shalt know how to braai.

Thou shalt refrain from drinking pink drinks.

Kroeg Musiek – AC/DC
Haal al jou Kurt, Rina, Steve en daai soort CD’s  uit hulle kassies en gooi dit saam met die ander junk weg wat jy opgegaar het soos ou skoene, gister se koerant ensovoorts. Sit die leë CD kassies eenkant. Stel die klank so hard as moontlik.

As “Who Made Who” begin, luister na dromme. Vang die beat. Op die maat van die dromme, flip jy birdies. Jy oefen jou middelvinger vir netnou.

<object classid="clsid:d27cdb6e-ae6d-11cf-96b8-444553540000" width="445" height="364" codebase="http://download.macromedia.com/pub/shockwave/cabs/flash/swflash.cab#version=6,0,40,0"><param name="allowFullScreen" value="true" /><param name="allowscriptaccess" value="always" /><param name="src" value="http://www.youtube.com/v/j2TADt0y5h8&hl=en_US&fs=1&rel=0&color1=0x3a3a3a&color2=0x999999&border=1" /><param name="allowfullscreen" value="true" /><embed type="application/x-shockwave-flash" width="445" height="364" src="http://www.youtube.com/v/j2TADt0y5h8&hl=en_US&fs=1&rel=0&color1=0x3a3a3a&color2=0x999999&border=1" allowscriptaccess="always" allowfullscreen="true"></embed></object>

Raak opgewonde oor die piele musiek wat speel.

<object classid="clsid:d27cdb6e-ae6d-11cf-96b8-444553540000" width="445" height="364" codebase="http://download.macromedia.com/pub/shockwave/cabs/flash/swflash.cab#version=6,0,40,0"><param name="allowFullScreen" value="true" /><param name="allowscriptaccess" value="always" /><param name="src" value="http://www.youtube.com/v/7y72hJ2xSc4&hl=en_US&fs=1&rel=0&color1=0x3a3a3a&color2=0x999999&border=1" /><param name="allowfullscreen" value="true" /><embed type="application/x-shockwave-flash" width="445" height="364" src="http://www.youtube.com/v/7y72hJ2xSc4&hl=en_US&fs=1&rel=0&color1=0x3a3a3a&color2=0x999999&border=1" allowscriptaccess="always" allowfullscreen="true"></embed></object>

Gaan maak die voordeur oop. Jy het hulle nie hoor klop nie, maar ‘n paar van jou bure staan daar om te kla oor jy so lekker musiek luister. Gooi hulle met die leë CD kassies, gooi middelvinger vir hulle soos jy geoefen het en slaan die deur in hulle gesigte toe dat die huis rammel.

Gryp jou air guitar en luister verder.

<object classid="clsid:d27cdb6e-ae6d-11cf-96b8-444553540000" width="445" height="364" codebase="http://download.macromedia.com/pub/shockwave/cabs/flash/swflash.cab#version=6,0,40,0"><param name="allowFullScreen" value="true" /><param name="allowscriptaccess" value="always" /><param name="src" value="http://www.youtube.com/v/-f1cwycSWq0&hl=en_US&fs=1&rel=0&color1=0x3a3a3a&color2=0x999999&border=1" /><param name="allowfullscreen" value="true" /><embed type="application/x-shockwave-flash" width="445" height="364" src="http://www.youtube.com/v/-f1cwycSWq0&hl=en_US&fs=1&rel=0&color1=0x3a3a3a&color2=0x999999&border=1" allowscriptaccess="always" allowfullscreen="true"></embed></object>

Geniet die res van jou dag.

(As die bure nie kom kla het nie, het jy of ‘n kak sound system of cool bure.)

Die mes
Oom Austerlitz het doer onder in die straat gebly. Later het hy die tydige met die ewige verwissel, maar toe ek in Standerd 4 was, het hy nog daar gebly. Die stories het ook maar geloop in die buurt. Party aande is vertel dat Oom Austerlitz een van die laaste SS-offisiere was wat die gereg nog kon ontduik het, ander stories het weer vertel dat Oom Austerlitz sonder ‘n vrou daar gebly het, want sy geliefde, ‘n pragtige Jodin, het omgekom by Auschwitz.

Oom Austerlitz was ook maar ‘n moerige man. Wat in sy lewe skeefgeloop het, sal ek nie weet nie. Oom Austerlitz het wel die lekkerste bier gemaak en die skerpste, sterkste knipmesse ooit.

En toe besluit ek mos ek wil een van Oom Austerlitz se knipmesse in my broeksak ronddra, nie daai goedkoop Okapi’s wat die Griek in sy kafee op die hoek verkoop het nie.

Ek stap toe oor na Oom Austerlitz om te gaan uitvind wat gaan ‘n knipmes my uit die sak jaag. Van die mense het my gesê dit is so R25. Maar onthou, die Okapi’s wat die Griek verkoop het was R1-50, en dit is baie jare terug.

Oom Austerlitz het daar in sy agterplaas gewerk. Ek het sy tuinhekkie oopgemaak, versigtig verby sy hond, wat my net lui aangegluur het, geloop na waar hy gewerk het en hom vertel ek is op soek na ‘n knipmes en hoeveel sal dit kos en ek sal later betaal. Hy het my net met skrefiesoë aangegluur, en my toe vertel dat as ek so ernstig daarop aandring om ‘n knipmes te hê, dan sal hy seker maar een moet maak en dit sal my R30 kos. My oë moes wyd gerek het, want toe sê hy as ek help, is dit net R15. Jislaaik, daai dae het ek die bure se gras gesny teen 25c vir die voorste grasperk en 25c vir die agterste grasperk, dus 50c per sny per week, maar R15 het na ‘n bargain geklink, al moes ek help.

Eerstens moes ek ‘n sak houtskool gaan haal het en volgens Oom Austerlitz se aanwysings net genoeg kole maak. Toe vat hy ‘n dunnerige, plat ystervyl, haal die handvatsel af, en plaas dit tussen die kole.

“Die kole is nou reg, sien jy?” het hy gesê en toe aangekondig dat ons eers vir ‘n lang ruk kan rus. “Die kole sal uitbrand, en al kouer word. Baie stadig afkoel. Teen vanmiddag se kant, kan ons verder gaan.” Toe bring hy twee glase bier. Van die bier wat hy self gebrou het. Ek vat toe myne en sluk ook. Ons wag vir die kole om uit te brand en koud te word. Oom Austerlitz sluk nog baie bier en ek kry aanmaak koeldrank. Ook maar goed ek het aanmaak koeldrank gekry, want ek het al gevoel hoe gaan my gatvelle brand as Ma uitvind ek het ‘n glas bier by Oom Austerlitz gedrink.

Later, toe ‘n hele paar ure verbygegaan het, haal Oom Austerlitz die ystervyl tussen die koue as uit en begin werskaf.

“Sien, ons gaan die lem kort maak,” verduidelik hy. “’n Mes met ‘n kort lem pas lekker in jou hand en hy het baie snykrag. So sewe sentimeter vir die lem, en dan die ekstra stukkie sodat ons die lem in die hef, saam met die veer kan sit. Verstaan?”

Stadig maar seker het Oom Austerlitz die lem gevorm met die amarilwiel wat hy met die handslinger gedraai het. Hy vat toe ‘n ander vyl en begin die snykant skerpmaak. “Nie vlymskerp nie, net genoeg. Sien jy?”

Ek kyk hoe my mes se lem vorm begin aanneem.

Oom Austerlitz het toe nog ‘n sluk bier gevat. “Nou gaan ons die lem met hitte behandel. Jy moet mooi kyk.”

Oom Austerlitz het ‘n breë gasvlam gevat, die lem met ‘n tang vasgehou aan die gedeelte wat in die hef moet kom en die lem warmgemaak. Toe die lem rooi gloei, het hy dit vinnig in ‘n bak olie gedruk.

“Het jy mooi gekyk?” vra hy. “Medium rooiwarm, dan egalig, snykant eerste, dog vinnig in die olie om af te koel.”

Ek het net geknik.

“Nou gaan ons kyk of die lem weer hard genoeg is.” Oom Austerlitz het ‘n ander vyl gevat en oor die lem getrek. “Sien? Die vyl doen eintlik niks aan die lem nie?”

Ek het gekyk. Die lem het skaars ‘n merkie bygekry.

“Nou gaan ons die lem temper. Sommer in die elektriese oond. Dieselfde as wat in die kombuis is. Ek het dit klaar op so 200C gestel, en dit moet vinnig na die hitte behandeling gedoen word.

Oom Austerlitz het die lem in die oond geplaas, en die deur toegemaak. “Niks langer as 25 minute nie.”

Hy haal toe die lem uit en laat dit afkoel. “Gaan haal vir my twee klawers daar agter,” het Oom Austerlitz gesê en beduie na die rommelkas. Daarin was ivoorklawers wat hy by ‘n klavier uitgehaal het wat oor die muur was. Dit kan dalk na sonde klink om ivoorklawers op te kerf vir ‘n mes se hef, maar dit is nie, nie as iemand soos Oom Austerlitz jou knipmes maak nie. ‘n Goeie knipmes is soos ‘n sielsgenoot.

Oom Austerlitz het my huistoe gestuur en aan die ivoor begin skaaf. Twee dae later het hy laat weet my knipmes is gereed. Kant en klaar.

Die ivoor het geel geblink. Die lem was skitterend gepoleer en het oop en toe gemaak sonder ‘n speling. Nie te styf nie, ook nie te slap nie. Die lem was vlymskerp en het die hare van my arms laat tuimel met net ‘n ligte skeerbeweging.

Oom Austerlitz het die mes gaan bêre en ek het hard gespaar. Twee weke later was die mes myne, ten volle betaal. Ma het seker maar gedink sy was dronk en het van haar munte verloor want ek kon nie langer wag nie en het deur haar beursie gegaan vir die laaste R1.

“Die ivoor kort bietjie olierigheid so af en toe,” het Oom Austerlitz gesê toe ek die geld gaan oorhandig het en die mes in ontvangs geneem het. “Nie ‘n sterk olie nie. As dit warm is en jy sweet, vee jy die ivoor so langs jou neus en vryf dit in met jou duim.”

Ek het nog nooit ‘n beter knipmes gehad nie.