avatar
Today is Thursday
September 9, 2010

August 2, 2010

Kroeg Musiek – Sharleen Spiteri

Xanadu

Pretty Woman

All The Times I Cried

What’s New Pussycat

July 30, 2010

Oom Koert en sy pyp

by Gielie Geelmielie — Categories: Kort Stories1 Comment

Oom Koert en Tannie Trudie het so entjie uit die dorp uit gewoon, op ‘n plasie, Fluitjiesfontein. Die naam was seker afkomstig van die fluitjiesriet wat naby die stroompie gegroei het.

Oom Koert se pypsteel was gedurig agter sy tande ingehaak. ‘n Kromsteelpyp met ‘n groot bak. Party maal het hy dik onweerswolke rook uit sy pyp gesuig, en ander kere het daar net ‘n dun straaltjie blou rook rondgedwarrel. Oom Koert se pyp het seker net rus gekry as hy gaan slaap het of as hy die pyp skoongemaak het.

Indien daar ‘n kompetisie was oor wie ‘n vuurhoutjie in sterk wind kon trek en die vlammetjie aan die brand kon hou totdat die hele houtjie al uitgebrand het, sou Oom Koert beslis die wêreldkampioen gewees het. Hy het nooit iets anders as ‘n vuurhoutjie gebruik om sy pyp brand te maak nie, en ook net een vuurhoutjie.

As daar in die somer ‘n donderstorm opgesteek het en die wind stormsterkte gewaai het, het Oom Koert buitekant gaan staan, sy lyf effens gedraai, vooroor gebuk, ‘n vuurhoutjie geknars en sy pyp aan die brand getrek. As die pyp mooi begin vat het, het hy die uitgebrande vuurhoutjie eenkant toe gegooi en met elke trek sy duim op die bak van die pyp gesit en die gloeiende tabak lekker warm getrek.

Oom Koert se pyp was amper ‘n permanente verlenging van sy regterhand. As hy iets wou beduie, het hy die pyp aan die bak gevat en met die steel beduie.

“Die skape doer agter, “ en hy beduie presies waar ‘doer agter’ is met sy pyp se steel, “moet loop haal word. Die reën wat so lank aanhou kan hulle vrotpootjie laat kry.”

As jy gaan geelperskes pluk het in sy boord, het hy jou met die pypsteel beduie as hy ‘n lekker groot, ryp perske raakgesien het. “Die een doer, bietjie hoër op.” Dan kyk jy net hoe hy met die pypsteel beduie en sien jy ook die lekkerste perske tussen die ander raak.

Oom Koert het sy tabakmengsel ook altyd dieselfde gerook. Horseshoe met bietjie Rum&Maple by. Die tabak het hy in ‘n verbleikte leersakkie gehou wat bo met twee toutjies kon toetrek.

Tannie Trudie het altyd geterg dat as Oom Koert die rook vurig by sy mond intrek en by sy neus uitblaas, dat daar sulke sjorrr…sjorrr…sjorrr… geluide by sy pyp uitkom, hy besig was om kwaad te word want die waterpomp het alweer gebreek of sy bestelling by die koöperasie was alweer laat.

As die tabak tot fyn as verbrand was, het hy dit in die huis met ‘n metaal pypstelletjie in die groot asbak uitgekrap. Buitekant het hy die pyp sommer teen die onderkant van sy linkerskoen se hak uitgeklop voordat hy dit weer tydsaam gestop het.

Omdat Oom Koert sterk tabak gebruik het in sy pyp en hy ook feitlik permanent die pyp in sy mond gehad het, het daar altyd ‘n sterk tabakreuk om hom gehang. As hy en Tannie Trudie kom kuier het, kon mens in die voorkamer die pyptabak ruik al oomblikke voordat die deurklokkie gelui het.

Tannie Trudie het vertel die keer toe Oom Koert in die hospitaal was met bronchitis, het die honde vir hom geblaf soos vir ‘n vreemde met sy tuiskoms en het eers bedaar toe hy sy pyp aan die brand het lustig rookwolke uitsuig.

As ma jou gestuur het om ‘n groot mandjie geelperskes te gaan koop, het Oom Koert sommer vir jou hele paar ekstra gee, en Tannie Trudie jou eers binnegenooi en ‘n glas vars plaasmelk en tuisgebakte koekies gegee.

Dit is hoe ek Oom Koert en Tannie Trudie onthou. Goeie, vriendelike mense wat lief vir hul medemens en die grond was.

Hulle is grusaam vermoor tydens ‘n plaasaanval een nag in 2007.

Kroeg Musiek – Deathstars, Cyanide

by Gielie Geelmielie — Categories: Kroegtoonbank — Tags: , , 1 Comment

July 29, 2010

Soekterme

by Gielie Geelmielie — Categories: Kroegtoonbank2 Comments

Behalwe vir die wat visuele hulpmiddels soek – poes fotos – seker om mee te dratie, is daar nog ‘n dom etter ook gewees, wat wraggies Google oor hoe om aanmaak koeldrank te maak. Moer bietjie in ‘n glas, fok water by, roer en proe. As dit te flou is, gooi nog by, as dit te sterk is, bliksem volgende keer meer water by. Verstaan?

© 2010 Die Kroeg All rights reserved - Wallow theme by TwoBeers Crew - Powered by WordPress - Have fun!