avatar
Today is Tuesday
September 7, 2010

Search Results Tag: bier

June 11, 2010

Lekker naweek

by Gielie Geelmielie — Categories: Kroegtoonbank — Tags: , , , , , , , 2 Comments

Ek weet nie of iemand vandag ooit hard gewerk het nie. Ek is nie ‘n sokker fan nie, maar sal dalk oor die naweek iewers in ‘n pub of kroeg ‘n bier loop knak. Ek begin al wonder of van die mense wat heeldag op hulle vuvuzelas blaas nie hulle wange gaan verrek en na die sokker met sulke pap velle aan weerskante van hulle monde wat soos pendulums swaai gaan rondloop nie.

Die weer daar langs die Natalse kus lyk lekker warm, hier in Johannesburg en omgewing sal dit seker maar aan die koue kant wees.

Ek het sommer nou ook besluit die enigste manier om nie die vuvuzelas te hoor nie, is om heavy metal musiek oorverdowend hard te speel.

Volgende week gaan ek nogal skaars wees. Ek en vroulief het besluit om ten midde van die sokker sommer ‘n week af te vat. Mens kan ook nie net werk nie. Bosveld en biltong roep my juis al lankal…

Nog net die laaste helfte van die werksdag dan begin die naweek. Enjoy dit! Kry genoeg voorraad ook.

July 24, 2008

Zamalek

by Chopper — Categories: Maak nat die keel — Tags: , , , No Comments
Zamalek / Black Label

Zamalek / Black Label

Terwyl hierdie blog nog splinternuut is, het ek besluit om sommer ‘n bier te knak. Om die blog “nat te maak”. Zamalek / Black Label / Sowetan Pepsi / Quickstart / Silvertop of wat jy dit ook al noem, is my gunsteling bier.

Dis ‘n lekker voggie. Sommer goed vir die warm somersdae wanneer die souterige sweet by jou gesig aftap as jy die gras sny en ‘n yskoue Zamalek gaan vir my lekker af in die koue wintersmaande ook.

‘n Kas met 24 Black Labeltjies hou by my ook nie lank nie. Ek kap ‘n biertjie sommer so uit die blik of bottel of ‘n bierglas. Dit bly lekker. Maar hy moet koud wees. Lekker koud, sodat die blikkie of botteltjie of glas sulke blink sweetdruppeltjies maak en ‘n nat ring op die tafel los. Die nat ring is nou indien ek dalk die bier neersit.

Die foto hierbo lyk bietjie kakkerig, maar ‘n Black Label is ‘n diep goue kleur. ‘n Helder goue kleur, sonder ‘n wasigheid of iets wat vuil of soos snot lyk in die voggies. Die smaak is ook vir my heel slukbaar. Eintlik meer as slukbaar, ek gooi ‘n Black Label met plesier in my keel af. En sommer nog ‘n paar daarna. As ek vleisbraai, voel ek sommer tuis met ‘n koue Zamalek in die hand.

Op die blikkie staan by die “ingredients”:

Barley Malt, Maize, Hops and Water.

Dis dit. Daar staan ook “No Additives” en “No Preservatives”, dus lyk dit vir my asof dit net skoon, lekker bier is.

Teen 5.5% alkohol/volume is dit nie ‘n flou bier nie, maar ‘n vrotsige afgewaterde bier is nie vir my nie. Ek hou van ‘n bier met lyf en smaak na ‘n harde dag se werk.

Vir ‘n punt uit 10 gee ek vir Zamalek ‘n volle 9/10. Ek wou 10/10 gegee het, maar moet darem spasie laat as ek dalk per ongeluk op een of ander onverklaarbare manier ‘n lekkerder bier in die hande kry. Zamalek is die bier waarmee ek kuier. Natuurlik het Zamalek al vir my ‘n moer erg babbelas gegee, maar dis wat drank doen as jy baie (lees te veel) daarvan drink. Hou matigheid voor oë en die diep lekker bier word nog meer geniet, so sonder die kloppende hofie, suur opgooi smaak in die keel, bloedrooi ogies en kurkdroë mond die volgende oggend.

“Moet nooit drink en bestuur nie. Ook nie eers drink en dan bestuur nie.”

* In die mood vir no strings attached sex?

© 2010 Die Kroeg All rights reserved - Wallow theme by TwoBeers Crew - Powered by WordPress - Have fun!