avatar
Today is Tuesday
September 7, 2010

Search Results Tag: musiek

August 2, 2010

Kroeg Musiek – Sharleen Spiteri

Xanadu

Pretty Woman

All The Times I Cried

What’s New Pussycat

July 30, 2010

Kroeg Musiek – Deathstars, Cyanide

by Gielie Geelmielie — Categories: Kroegtoonbank — Tags: , , 1 Comment

July 29, 2010

Kroeg Musiek – Oomph!

by Gielie Geelmielie — Categories: Kroegtoonbank — Tags: , No Comments

Augen Auf!

Labyrinth

Niemand

Sandmann

July 8, 2010

50 STEMME

by Gielie Geelmielie — Categories: Kroegtoonbank — Tags: , , 2 Comments

Die grootste name in Afrikaanse musiek

Dankie aan Frank Botha wat die kompetisie gehou het op sy blog.

Die Poskantoor het al ‘n paar dae terug ‘n kennisgewing gestuur dat ek die pakkie kan gaan afhaal, maar die koue weer en griepvirusse het my binnekant, waar dit knus en warm is, gehou. Vandag pak ‘n sterk gevoel my toe om die pakkie te gaan haal.

Ek moet se ek is beïndruk deur die diens wat die Poskantoor gelewer het. Ek het verwag dit gaan ‘n week of langer neem voordat ek die pakkie kan gaan afhaal, maar kyk maar na die skermkiekie van die Track and trace funksie op die Poskantoor se webblad.

Frank Botha het deurgaans sy privaatheid beskerm. Hy het my twee kere geskakel om terugvoer oor die pakkie te gee, en elke keer sy selfoonnommer versteek. My ouma het altyd haar adres agterop pakkies en briewe geskryf wat sy gestuur het, maar die agterkant van die koevert was net leeg. Geen adres van die afsender nie.

Behalwe my posadres, was daar verskeie plakkers op die voorkant van die koevert. Die pakkie het 1.195kg geweeg, en die posgelde het R34.25 beloop. Daar was egter geen posseëls op die pakkie nie. Kry mens nog seëls? Ek dink in elk geval ‘n seëlversameling is vervelig.

50 STEMME

Die boek was splinternuut, met ‘n stewige hardeband en die drukwerk en bindwerk lyk goed. Die eerste ding wat my opgeval het toe ek die boek oopgemaak het, was dat die name van die Afrikaanse kunstenaars in alfabetiese volgorde is. Ek het eintlik so half verwag om te sien wie die top Afrikaanse sanger(es) is. ‘n Alfabetiese volgorde is vir my bietjie vaal en onopwindend.

Meeste mense weet dat ek ‘n aanhanger is van metal musiek soos die van Black Sabbath, Judas Priest, Rammstein en dies meer. Ek het uitgesien na 50 STEMME omdat ek verwag het om meer te wete te kom oor Afrikaanse sangers en sangeresse en ‘n hele paar name te sien wat ek nie ken nie.

Ek wou ‘n lys maak van die name wat vir my bekend is, want ek het verwag dit gaan min wees, maar dan moet ek 49 name hier uittik, dus noem ek die enigste vreemde naam uit die 50. Gian Groen.

Uit die bietjie Afrikaanse musiek wat ek wel luister, is Koos Kombuis my gunsteling. As Koos nie in die boek was nie, het ek die boek in die asblik gegooi. Gelukkig is hy. Aangesien die name in alfabetiese volgorde is, verklaar ek dus dat Koos Kombuis die top kunstenaar onder die 50 is. Elkeen kan maar seker self kies wie sy of haar gunstelinge is.

Baie van die sangers en sangeresse in die boek het al tot vervelens op televisie en radio verskyn, en al ‘n oormaat kere op die voorblaaie van Afrikaanse tydskrifte en in dagblaaie en Sondagkoerante. Was dit regtig nodig om nou weer nog ‘n boek ook uit te bring?

Daar is vir my regtig niks nuut in die boek nie. Die beste deel van die hele boek vir my is die foto waarin Patricia Lewis verskyn, op bladsy 208.

Sal ek aanbeveel dat jy die boek gaan koop? As jy absoluut versot is op Afrikaanse musiek en nie daarsonder kan klaarkom nie, en elke brokkie inligting of nuus oor die sangers en sangeresse vir ontbyt eet, oorweeg dit dan maar.

Ek sit die boek op die koffietafeltjie neer en gaan aan met my gewone dagtake.

© 2010 Die Kroeg All rights reserved - Wallow theme by TwoBeers Crew - Powered by WordPress - Have fun!